BINNELANDSE LIGTEGEREI BOOTHENGEL VERENIGING

2007 Ranglys_files Rekords.htm Kalender.htm Foto galery.htm Advertensies.htm Grondwet.htm Uitslae.htm Komitees.htm 2008 Ranglys.htm

Die Binnelandse Ligtegerei Boothengel Vereniging bestaan uit unies sonder 'n kuslyn.

Die Sport verteenwoordig hengelaars wat vanaf bote hengel met twee stokke per hengelaar met lyn van 'n maksimum breekkrag van 4kg soos gesertifiseer deur IGFA.

Hoe word ek 'n lid?

Om deel te wees van die Binnelandse LGB moet 'n lid eerstens behoort aan 'n klub wat geaffilieer is by 'n erkende provinsie.

Die provinsie op sy beurt moet by die Binnelandse Ligtegerei Boothengel Vereniging geaffilieer wees.

Alle provinsies is onderhewig aan die Suid Afrikaanse Ligtegerei Boothengel Assosiasie.

 

NUUS

Die Binnelandse Toernooi het te Vaaldam, Jim Fouche-oord vanaf 01 tot 05 Oktober 2008 plaasgevind.

Die uitslae en nuutste ranglys is ook gepubliseer. Enige onduidelikhede of verskille moet asseblief so gou moontlik aan die administrateur gerapporteer word sodat dit spoedig uitgeklaar kan word.

 

Die Algemene Jaarvergadering vind plaas op 1 November 2008 te Vereeniging. Van die Punte ter Bespreking is "Veterane Spanne" en "Binnelands 2009". Indien daar voorstelle oor laasgenoemde is; laat weet asb.

 

Baie van die volgende items is nog uitstaande en sal graag opgedateer wil word:

   Komitees - stuur asseblief inligting - (pos, naam, van, telefoon en E-mail)

   Kalender - is opgesit - stuur asseblief inligting - (stuur datums van ligas, kompetisies, AJV, ens)

   Uitslae - Stuur asseblief wat jul wil laat publiseer.   

 

Hengelgroete

 

Nico Grobbelaar

Webblad Administrateur

Cell: 083 742 9894

Faks: 086 619 8762

E-Mail: ngrobbel@cut.ac.za

Hit Counter

2008/10/05 05:04:59 PM